Tuisblad Oor ETZA Persoonlik Korporatief Loopbaan Voorligting Alkoholiste Kontak Ons
Loopbaan Voorligting
Loopbaan Voorligting vir: Leerders / Studente | Volwassenes | Werksoekers | Loopbaan Afrigting Sessies
1. Graad 8-12 Leerders / Studente
Die doel van professionele loopbaan toetsing vir leerders en studente (ouderdom 16-22) is om hulle te help met aanvanklike vak - en loopbaan keuses.
Benodig jy (of jou seun of dogter) om:
- Vakkeuses te maak om tersiêre opleiding moontlik te maak?
- ´n Duidelike prentjie te vorm van sterkpunte, belangstellings en gawes?
- Die beste tersiêre instelling vir die gekose opleiding te kies?
- ´n Loopbaan te kies om na skool te volg?
Tersiêre opleiding is peper duur. Professionele loopbaan voorligting maak sin. Ek berei jou voor om uitstekende besluite oor die toekoms te maak en op die manier God se roeping vir jou lewe te vervul. Ek waarborg ´n professionele leiding en terugvoer om die beste besluite te neem. ´n Belegging in jou kind, sal altyd ´n goeie belegging wees.
My een-op-een afrigtingsessies sal jou begelei om:
- Jou God gegewe ontwerp te ontdek en die werk waarvoor jy ontwerp is deur middel van ´n wetenskaplike en beproefde metode te ontdek.
- Jou horison van loopbaan keuse te verbreed en te meet en pas by jou ontwerp.
- Loopbaan beskrywings
- Nuutste loopbaan neigings in Suid-Afrika en Oorsee
- Bespreek van sommige bevredigende aspekte van die loopbaan
- Uitwys van sommige veeleisende kenmerke van die loopbaan
- Salaris moontlikhede
- In vertroue ´n loopbaan keuse uit te oefen en om suksesvolle plan te formuleer om dit te verwesenlik.
- Loopbaan vereistes; Skool vakkeuses; Opleiding; Moontlike kontakte; Aanbevole Tersiêre Instellings; Finansiële hulp: Beurse en Lenings
2. Volwassenes: "Kwartlewe" (25-35) en "Middellewe" (40 en ouer)
- Vermoed jy dat daar ´n beter loopbaan vir jou kan wees, wat jou kundigheid, belangstelling en persoonlikheid beter pas?
- Het jy dalk entoesiasme vir jou loopbaan verloor en is onseker wat om te doen?
- Het jy tot die oortuiging gekom dat God jou roep om iets anders vir Hom te doen?
- Soek jy na die geleentheid om jou huidige loopbaan ten opsigte van jou unieke ontwerp te evalueer en om met klein koers verandering opnuut werksbevrediging te verseker.
Indien jy "JA" sou antwoord op selfs net een van die bostaande vrae, kan die ontdekking van jou unieke ontwerp jou in staat stel om jou loopbaan te evalueer.
Ek sal jou begelei om:
- Sleutel aspekte van jou unieke ontwerp te identifiseer.
- Om die aspekte van jou loopbaan wat jou energie gee, asook die wat jou energie steel, te identifiseer.
- Vinnig loopbaan tipes wat jou kundigheid, persoonlikheid en belangstelling en unieke ontwerp die beste pas.
- Professionele begeleiding en ondersteuning en terugvoer te gee omtrent jou situasie, assesseer hoe goed jou loopbaan jou pas enjou volgende stappe te beplan.
Ek kan jou help met:
- Netwerke; Skep van Kurrikulum Vitae; Skryf van Aansoek brief; Voer van persoonlike of telefoon onderhoud; Evaluering van werk advertensies; Basiese diensvoordele; Kontrakte; Word van ´n entrepreneur; Besigheidsplanne.
3. Werksoekers
Ek sal jou leer om effektief en suksesvol werk te soek. Die belangrikste is dat jy nie alleen sal wees in jou soeke na ´n werk nie.
Ek sal jou deurentyd ondersteun en lei om:
- Die geskikte werksgeleenthede te vind en om onderhoude te beplan.
- Kragtige CV's en dek briewe op te stel.
- Werk soek enjins vir werksgeleenthede te ontgin, wat tyd spaar en resultate genereer.
- Jou onderhoud vaardighede te slyp.
- Effektief vir jou ´n salaris te onderhandel wat jy verdien.
4. Individuele en Maandelikse Loopbaan Afrigting Sessies
Ek bied loopbaan afrigting op ´n individuele basis en maandelikse basis.
In die unieke sessies kan ek jou help om:
- Aksie planne op te stel en of om te werk aan die bereik van jou loopbaan en ander doelwitte.
- Los te staan van jou loopbaan en lewe en te konsentreer op God se roeping vir jou lewe.
- Jou droom van ´n eie besigheid te verwesenlik.
- Voor te berei vir ´n onderhoud, ´n onderhandeling sessie, ´n meriete gesprek of enige ander spesifieke situasie by die werk.
- Balans te vind vir jou lewe.
- Suksesvol ´n loopbaan- en lewensoorgang te maak en jou daar tydens te ondersteun.
Saam kan ons aan jou loopbaan ontwikkeling aandag skenk en dit groei om jou visie vir jou lewe te verwesentlik.


